Tobie van Dyk wen die gesogte Jacques van Der Elst-prys

Die prys word toegeken vir die beste artikel in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe in 2025:

Afrikaans as akademiese taal: Verlede, hede en toekoms. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 65(1): 61-85. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a4

Prof van Dyk is van mening dat hoewel Afrikaans onder beduidende druk verkeer, bly dit veerkragtig en funksioneer dit steeds as ’n betekenisvolle akademiese taal aan verskeie universiteite. Hy verduidelik egter dat daar ’n behoefte is aan samehangende, goed ingeligte raamwerke om veeltaligheid op ’n breër vlak te bevorder.

Lees meer:

NWU researcher to be honoured with the Jacques van der Elst Prize | news.nwu.ac.za

SADiLaR’s HESSP lead receives prestigious Jacques van der Elst Prize for 2025 – SADiLaR

Radio Sonder Grense: Taaldinge

Ons was op die 10de Maart met Ina Strydom in geskprek oor die taalhulpbronoudit.

Luister hier: Taaldinge 10 Maart 2024

SADiLAR National Language Resources Audit

RSG som die onderhoud so op: “Verlede jaar is ‘n taalhulpbronoudit by universiteite gedoen om te bepaal wat die stand van taalbeleid en -beplanning is, en watter hulpbronne beskikbaar is en benodig word. Prof. Tobie van Dyk van die NWU en SADiLAR wat nou betrokke was by die oudit, vertel vir Ina Strydom wat hulle bevind het, en wat die pad vorentoe is.”