Tobie van Dyk wen die gesogte Jacques van Der Elst-prys

Die prys word toegeken vir die beste artikel in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe in 2025:

Afrikaans as akademiese taal: Verlede, hede en toekoms. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 65(1): 61-85. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a4

Prof van Dyk is van mening dat hoewel Afrikaans onder beduidende druk verkeer, bly dit veerkragtig en funksioneer dit steeds as ’n betekenisvolle akademiese taal aan verskeie universiteite. Hy verduidelik egter dat daar ’n behoefte is aan samehangende, goed ingeligte raamwerke om veeltaligheid op ’n breër vlak te bevorder.

Lees meer:

NWU researcher to be honoured with the Jacques van der Elst Prize | news.nwu.ac.za

SADiLaR’s HESSP lead receives prestigious Jacques van der Elst Prize for 2025 – SADiLaR

Baanbrekerswerk bekendgestel: Toegepaste Taalkunde in Afrikaans

Wannie Carstens & Tobie van Dyk

Ons boek, Toegepaste Taalkunde in Afrikaans, is goed ontvang en word deur Netwerk 24 beskryf as 'n baanbrekerswerk: Boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans ’n 1ste vir die taal.

TOEGEPASTE TAALKUNDE IN AFRIKAANS
WAM Carstens & TJ van Dyk (Redakteurs)
Van Schaik Uitgewers
ISBN: 9780627039706
ePub ISBN: 9780627039713
816 bladsye | Publikasiedatum: 2022

Ons boek, Toegepaste Taalkunde in Afrikaans, is goed ontvang en word deur Netwerk 24 beskryf as ‘n baanbrekerswerk: Boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans ’n 1ste vir die taal.

Die boek is op 20 Februarie bekendgestel by Exclusive Books in Brooklyn Mall – foto’s: Netwerk 24.

Luister na die potgooi op RSG se Taaldinge: Die redakteurs en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek: https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-26-februarie-2023

Lees ook: