Radio Sonder Grense: Taaldinge

Ons was op die 10de Maart met Ina Strydom in geskprek oor die taalhulpbronoudit.

Luister hier: Taaldinge 10 Maart 2024

SADiLAR National Language Resources Audit

RSG som die onderhoud so op: “Verlede jaar is ‘n taalhulpbronoudit by universiteite gedoen om te bepaal wat die stand van taalbeleid en -beplanning is, en watter hulpbronne beskikbaar is en benodig word. Prof. Tobie van Dyk van die NWU en SADiLAR wat nou betrokke was by die oudit, vertel vir Ina Strydom wat hulle bevind het, en wat die pad vorentoe is.”

Baanbrekerswerk bekendgestel: Toegepaste Taalkunde in Afrikaans

Wannie Carstens & Tobie van Dyk

Ons boek, Toegepaste Taalkunde in Afrikaans, is goed ontvang en word deur Netwerk 24 beskryf as 'n baanbrekerswerk: Boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans ’n 1ste vir die taal.

TOEGEPASTE TAALKUNDE IN AFRIKAANS
WAM Carstens & TJ van Dyk (Redakteurs)
Van Schaik Uitgewers
ISBN: 9780627039706
ePub ISBN: 9780627039713
816 bladsye | Publikasiedatum: 2022

Ons boek, Toegepaste Taalkunde in Afrikaans, is goed ontvang en word deur Netwerk 24 beskryf as ‘n baanbrekerswerk: Boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans ’n 1ste vir die taal.

Die boek is op 20 Februarie bekendgestel by Exclusive Books in Brooklyn Mall – foto’s: Netwerk 24.

Luister na die potgooi op RSG se Taaldinge: Die redakteurs en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek: https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-26-februarie-2023

Lees ook: